Ouderdoms- en inhoudsadvies vir Afrikaanse boeke vir kinders: resultate van ’n eerste kwalitatiewe en kwantitatiewe ondersoek

“Desnieteenstaande dié institusionele raamwerk, is daar steeds geen geïnstitusionaliseerde Suid-Afrikaanse implementering van ouderdoms- en inhoudsadvies vir boeke (b-OIA’s) nie. Dit sou byvoorbeeld advies oor genres, gepastheid van temas vir bepaalde ouderdomsgroepe, inhoudswaarskuwings oor naaktheid, taalgebruik en geweld, en snellerwaarskuwings vir selfdood en gevalle van mishandeling kon insluit.”