Op soek na Jacobus Verster: ’n onderhoud met François Verster

“Ek weet nie of dit nou belangriker is as tevore nie, maar ek dink wel baie Suid-Afrikaners dink nou meer oor hulle plek in die land. … Verder migreer ons wat duisende jare gelede hiervandaan na Europa getrek het, en toe weer hier kom woon het, nou weer na ander geografiese en kulturele gebiede. Ons geskiedenis is dus deel van die globale migrasiegeskiedenis van homo sapiens.”