Op dees aarde: Oorlogstrauma en die radikale Afrikaner-psige

“Betreklik min mans het aan die Rebellie deelgeneem, maar daar kan moontlik gesê word dat ná Fourie se teregstelling daar nie keer aan die ‘steun’ was nie. Dit was ’n pynlike en ‘onregverdige’ dood wat die slagofferskap en onverwerkte trauma van die Anglo-Boereoorlog verder versterk het.”