Op dees aarde: Die land is hul woning nie

“In Suid-Afrika het 35,5% van alle vroue van 18 jaar of ouer al fisieke en/of seksuele geweld in hulle lewe ervaar. 42% van kinders het een of ander vorm van mishandeling – seksuele, fisieke, emosionele mishandeling of verwaarlosing – ervaar deur ’n volwassene wat veronderstel was om vir hulle te sorg. Dalk weet jy dit en gee ’n diep sug. Dis net syfers. Maar kom ons kyk ’n bietjie dieper na dit waaraan ons al ‘gewoond geraak het’. Daardie 35,5% vroue is soveel: 7 847 438.”