“Met ’n kniebuiging na Asindeton, Joan Hambidge se bundel uit 2024, sit ek graag hierdie huldigingsrede, op haar 70ste verjaarsdag opgedra aan haar by die Tuin van Digters, ook asindeties in: Groter as lewensgroot. Onblusbare energie, flink skrywerspen, ruim brein, vlymskerp intellek, uitdagende ondersoeker, gerekende resensent, rustelose nomaad, meedoënlose opstuurder, mededeelsame skryfkunsmentor, bedrewe studieleier – klein hartjie, gul skaterlag.”
Copy and paste this URL into your WordPress site to embed
Copy and paste this code into your site to embed