Oop boek: Bloei + blom – ’n onderhoud met Elmari Rautenbach

“Maar omdat die boek ’n huldeblyk aan ’n eeu se Afrikaanse grensverskuiwers moes wees, was daar sekere boksies wat elke bydrae móés afmerk – of dit nou 400 woorde vir ’n enkelblad of 800 vir ’n dubbelblad was. Eerstens moes die persoon op ’n pittige manier bekendgestel word, want nie almal weet noodwendig wie iemand is of was nie. Terselfdertyd moes die leser iets van die mens agter die naam leer ken, dalk deur ’n staaltjie.”