Ontnugterde kiesers en ’n Duitse heimat: die AfD-skoksege in Sakse-Anhalt

“Die AfD se sege het skokgolwe onder politici in die geboue van die Europese Kommissie en Europese Parlement in Brussel veroorsaak. Die uitslag het beteken dat dit al hoe moeiliker mag word om die skeidsmuur teen die AfD te handhaaf en deelname aan regerings op verskillende vlakke te keer. Dit kon in die teorie belangrike gevolge vir die EU inhou, want Duitsland is Europa se grootste ekonomiese mag, en saam met Frankryk die invloedrykste lidstaat in Europese instellings.”