Ons biblioteke: ’n onderhoud met Yolandi Ellis

“In daardie opsig het ons alreeds verskeie uitreikaksies met welslae geloods, soos ons naskoolse leesprogram, wat daarop gemik is om die leerders met hul taalwerk te help en lees te oefen. Ons [biblioteek] bied ook temaprogramme aan waar ons boeke en stories inkorporeer met opvoerings en hardop-lees.” Hierdie onderhoud met Yolandi Ellis is die twaalfde aflewering oor ons biblioteke.