Ons biblioteke: ’n onderhoud met Reinie Smit

My gunstelinggedeelte uit ’n Afrikaanse boek is nie ’n openingsin nie, wel op bladsy 38 van Voetstoots deur Annelie Botes: “In die munisipale gebied van Helsinki (Finland) mag geen inwoner buite loopafstand van ’n biblioteek bly nie. Dit beteken as ’n woongebied uitbrei, moet die munisipaliteit ’n biblioteekplan voorsien alvorens boupermissie gegee word!” Hierdie onderhoud met Reinie Smit is die negende aflewering oor ons biblioteke. Reinie is bibliotekaris by Prins Albert Biblioteek.