Ons biblioteke: ’n onderhoud met Rachel Williams

“Ons smee bande met gelykdenkende organisasies wat hulle toevestig op die bevordering van ’n leeskultuur, soos Nal’ibali; boekwinkels; die ATKV; interaksie en gesprekke met outeurs; boekuitstallings; radio-onderhoude; bewusmakingsdae soos Wêreld-Hardoplees Dag, Nasionale boekeweek, Wêreldboekedag; drama, opvoerings en leesprogramme.” Hierdie onderhoud met Rachel Williams is die vyfde aflewering oor ons biblioteke.