Onderwyshulp en leesbegripstrategieë 3: Metakognisie en agtergrondkennis

“Dit is ook beklemtoon dat die leser ’n groot bydrae kan en moet lewer om op sy manier en met sy agtergrond betekenis te skep uit en met die inligting wat in die teks verskaf word. Al die betekenis staan nie sommer net direk daar nie. Dit is dus ’n kommunikasie wat tussen die leser/hoorder en die teks moet plaasvind.”