Onderwyshulp, deel 2: Leesbegripontwikkeling – hardoplees en leesbegripstrategieë

“Om doodgewoon aan die einde van ’n skooldag ’n storie te lees vir die klas of vanaand by die huis net voor slaaptyd, is dalk een van die belangrikste leergeleenthede van die dag. Want dit is die natuurlike manier hoe ons taal van kleins af leer; deur die luister daarna, die  vrae vra daaroor, die praat daaroor en die visualisering van wat gesê of gelees word.”