’n Plek waar ek tuis voel: Carien Smith gesels met Franci Greyling oor haar navorsing en Mooirivier: weerspieëling en weerklank

“Die betekenis en gevoel wat met sin van plek vereenselwig word, word oa opgebou deur persoonlike ervarings, stories en inligting oor die plek, en die wisselwerking tussen individu, gemeenskap en plek. My eie sin van plek, wat tydens die navorsing verdiep het, het sonder twyfel in die vormgewing van die werk neerslag gevind.”