Omtrent die misdaad in my buurt: Lewe en laat lewe

“Terwyl Suid-Afrika kan baklei vir lande soos Kongo en Palestina, is daar ’n iets omtrent die mense op die Kaapse Vlakte se uitsterwing wat Suid-Afrika nie aan raak nie. … Suid-Afrika het die verhewe moraliteit bo ander lande, want hulle veg vir die geregtigheid van ander mense wat deur ’n misdaadpandemie gaan. Het dit dalk tyd geword dat ons erken dat Suid-Afrika die pleidooi van sy eie mense ignoreer?”