Om tot ’n STAND te kom. Gesprekke rondom die voortbestaan van die uitvoerende kunste in Suid-Afrika

“Met die Covid-regulasies het vele dansers, teatermakers, skrywers en feeste stil geword … Nog meer, die infrastruktuur, of gebrek daaraan, is binne die sektor bevraagteken en opnuut bevestig. Dit is uit dié realiteit dat die STAND (Sustaining Theatre and Dance) Stigting geskep is. Een van hul eerste projekte was die loods van die Take-a-STAND-dialoë (in samewerking met die Toyota US Woordfees), ’n naweek van gesprekke tussen professionele teatermakers, dansers en kunstenaars wat verskeie vrae en kwessies binne die sektor benader het.”