Om te herstandaardiseer of nie – kom ons dink sáám hieroor

“Ek wonder so dikwels hoekom ons so gereeld in Afrikaans standpunte inneem wat ver uitmekaar is, een waar min ruimte vir gesprek is, en een waar die kans op kompromisse skraal is. Dit skep nie die atmosfeer vir rasionele gesprekke nie en so beduiwel ons die verhoudinge nog verder in Afrikaanse geledere. En dit juis in die dae waarin ons saam in ’n span moet trek eerder as om mekaar oor alles te opponeer.”