Om jou ’n ander se jeug te verbeel

“My pa is in 1926 in Pretoria gebore, die derde van ses kinders. Sy pa is dood toe hy ses, amper sewe was. Hy het ’n hart met ’n swaeltjie daarin uit klip gekerf en saamgestuur hospitaal toe, waar sy pa met breinvliesontsteking gelê het. Sy pa is dood voor hy die swaeltjie kon kry. Dis nou in my besit.”