Om die Bybel met eenvoud te lees: Fransiskus van Assisi (c. 1181–1226) se geestelike lees van die Bybel

“Fransiskus was meer besorg oor die proses van Bybellees – dit moes ’n proses wees wat die mens opwaarts nader aan God bring, maar wat die mens ook afwaarts neem na diegene wat minderbevoorreg en verstote is.”