Nuwe digitale argief maak kultuurerfenis toeganklik vir almal

 “Ons wil die grootste digitale argief van Afrikaanse materiaal skep, vir die toekoms bewaar en dit beskikbaar stel vir navorsing, kreatiewe projekte en nuuskieriges. … Dit sluit in die nuusmedia, uitvoerende kunste, beeldende kunste, televisie- en filmmateriaal, familiestambome, kerkgeskiedenis en landbou.” Maandagaand is die bekendstelling van Nuuseum – ’n aanlyn platform sonder winsbejag wat voortdurend bygewerk sal word – op Stellenbosch bekend gestel. Maryke Roberts lewer verslag.