Nuut by Protea Boekhuis: Dan sien ons mekaar deur James Scott

James Scott is ’n kliniese sielkundige: Hy sien mense en word deur hulle gesien. Die woorde “Dan sien ons mekaar” is die eerste keer geuiter deur die spesialis wat sy kornea-oorplantings behartig het. Dan sien ons mekaar is ’n versameling eg menslike stories oor die lief en leed op James se persoonlike lewensreis. Dit is ’n eerlike blik op hoe terapeut en kliënt mekaar se lewens raak.