Nuut by Naledi: In die rede geval deur Charl-Pierre Naudé

Die groot Duitse filosoof Hans Blumenberg (1922-96) veronderstel ’n onderskeid tussen twee modusse van dink en stel dit voor as ’n basiese rooster wat álle denke ondervang – die mitewerkende modus en die modus van die rede. Dit is ’n onderskeiding wat nuwe lig werp op van die hardnekkigste problematieke der tye.