Nuut by Naledi: flikker-gram, saamgestel deur Marlies Taljard

Die afgelope twee jaar is gedigkompetisies waarin digters hulle gedigte oor mediese toestande of die mediese praktyk kon voorlê deur die poësiewebwerf Versindaba aangebied. Die bundel flikker-gram is ’n konsentraat van die beste gedigte wat dié kompetisies opgelewer het en bevat gedigte van 36 digters wat elk op unieke wyse pyn en ontreddering in woorde navigeer.