NP van Wyk Louw: 100 jaar
2006

Nicolaas Petrus van Wyk Louw is op 11 Junie 1906 op Sutherland in die Karoo gebore. Hy studeer aan die Universiteit van Kaapstad en word in 1929 daar dosent in die Opvoedkunde. In September 1930 is hy met Joan Wessels getroud. …