Nonnetjie van Aardt se laaste dag op aarde

“Mans is ons gewoond, het sy nog gedink. Hulle is ons handigheid, ons geskrop en gemop gewoond. Hulle staan aan die ander kant van die streep en los ons op die terrein wat ons vir onsself afgebaken het, hulle ten goede.”