Nog ’n Groot Trek?

“En oor die lengte en breedte van die geknelde land met sy nuwe skelname en chaotiese provinsies, etniese gesigte en politieke verwarrings word daardie eeu oue taaltjie nog gepraat, met die lekkerte en losbandigheid van ’n liefdesverhouding, saam met somaar 11 ander maatjies in die demokratiese speelkamer van kommunikasie.”