Next family meeting het ek oek punte virrie agenda, Uncle Cyril

“En moenie lat ek  begin met Eskom nie. Helfte vannie economy is toe, en hulle kan ‘ie die ligte aan hou nie. Wat gebeu’ as die economy oepmaak? Gan ôs die winter innie donker en koue sit, Uncle? En dan verwag djy ôs moet ôs vensters en deure oephou en social distance te’wyl ôs vrek vannie koue?”