’n Woordmedevoorkomsnetwerk-ontleding van die Nederlandse lirieke van Heidevolk as heidenmetaalgroep

“In die breër konteks van swaarmetaal, en spesifiek die verwante genres van Viking- en heidenmetaal, word Heidevolk as ’n unieke groep geposisioneer wat hul moedertaal en plaaslike geskiedenis van die Lae Lande gebruik om hul eie Germaanse erfenis te verken, eerder as om slegs op die Skandinawiese Vikingtydperk te fokus.”