’n Reis saam met die Bergengel-reeks op RSG: ’n onderhoud met Pieter van Zyl

“Die werk het van die begin af vir my ’n sterk aantrekkingskrag gehad. Die digterlike taal waarin die reisverhaal geskryf is, was een van die eerste kenmerke wat my getref het. Ek kon iets van Carina Stander se ervaring met beeldhoukuns in haar woordkeuse en driedimensionele beskrywings aanvoel. Ek onthou my opgewondenheid destyds – ek het ’n besonderse kunswerk in my hande vasgehou.”