’n Perspektief by die lees en interpretasie van die Oudgriekse mites (deel 2)

“Daar bestaan al ’n omvangryke korpus van weergawes, veral in Engels, van die verhale uit die Oudgriekse mitologie. En die meeste daarvan is ook ryklik in kleur geïllustreer deur óf afdrukke uit bewaar geblewe antieke vaasskilderinge of ander realia, óf wat die skeppinge is van moderne kunstenaars, vir wie die veld so verleidelik wyd is soos die oorgelewerde materiaal self.”