’n Perd se prys, ’n donkie se diens

“Hulle sê trou is nie perdekoop nie. Maar  as ‘n mens kyk na al die moeilikheid wat arme mnr Macdonald van Johannesburg  gehad het toe hy by sy buurman – ene generaal Von Mellenthin – ‘n perd gekoop  het, dan wil dit wraggies lyk of perdekoop soms ‘n groter risiko kan wees as om  voor die kansel te loop staan.”