’n Oud-Griekse roman: Daphnis en Chloê van Longus van Lesbos

“Ek wil graag hier vir die leser ’n kykie bied in een van die vyf bewaargeblewe oud-Griekse romans, naamlik Longus se Daphnis en Chloê. Dit is nie alleen die kortste (ong 3 000 reëls) van hierdie oud-Griekse romans nie, maar ook die mees erotiese en daarby die mees psigo-analitiese sover dit die liefde aangaan.”