’n Onderhoud oor Skool vir talente – en oor nog kinderboeke vir die Kerskous

“Boeke in Kerskouse en onder Kersbome is altyd ’n uitstekende idee. Ek sou egter altyd aanbeveel dat lesers se belangstellings en leesvlak in ag geneem word wanneer daar op leesmateriaal as geskenke besluit word. Wanneer ’n kind byvoorbeeld meer in feite as fiksie belangstel, het ’n boek met eksperimente of ’n boek oor hulle gunstelingsport of ’n resepteboek of selfs ’n boek met grappe ’n beter kans om gelees te word as ’n storieboek.”