’n Manifes vir Afrikaans

“Afrikaans word nie net aan universiteite deur verengelsing bedreig nie; dit geld ook vir skoolonderrig. En Afrikaans word nie slegs in die onderwyssektor afgeskaal nie, maar in alle staats-, openbare en selfs privaat sektore. In ’n poging om die situasie te beredder, word ’n konsep-Afrikaansmanifes hiermee as ’n werks- of gespreksdokument voorgelê.”