'n Brief vir Ben du Toit

“Ben maak baie van die prentjie op die buiteblad van sy boek. Dit is vir hom simbolies van bevryding (van formele godsdiens en tradisionele geloof?) en van baie nuwe moontlikhede wat dit vir hom open. Op my maak die prentjie presies dit teenoorgestelde indruk. Dis ’n toneel van verlatenheid.”