"My lewe in Oesbekistan": Medeklinkers vir Afrika, moltreine, ’n vrat en gebaretaal onder die water

“Om ’n vreemdeling in ’n vreemde land te wees kan soms eensaam raak. Veral naweke. Dis hoekom ek elke naweek in die plaaslike swembad gaan lengtes swem: ’n salige onderwaterwêreld waar ek veilig en ver verwyderd is van my eensaamheid en die mensdom se dramas. Op en af swem ek, 40 lengtes, 40 minute lank, die geluid van die water ’n sussende ritme.” Emile Minnie beskryf sy lewe in Oesbekistan.