"My lewe in Oesbekistan": Die vensters van die siel, Covid en joga

“Ek vermoed dat Oesbekiese musikante die mees ongelooflike binnepret het terwyl hulle speel, maar ná jare en jare se koue oorloë, streng onderwysers en suur standbeelde, bly die pret binne. Voor die vensters van die siel bly die gordyne dig toegetrek. Nou, wanneer ek musieklesse gee, maak ek seker dat elke kind verstaan: Die vreugde van menswees hoef nie binne te bly nie. As jy wil dans, laat waai. As jy wil lag, skater.”