My kennismaking met Breyten Breytenbach, die maer man met die groen trui

“Ek het die essensie van sy Zen-houding my eie gemaak: om in die hier en die nou te lewe; om elke verskynsel as ’n blommetjie in die liggaam van Boeddha te beskou – alles ewe belangrik en alles met bewussyn deurtrek; om te weet dat niks ooit finaal is nie maar ’n ewige kringloop. Ook die lewe en die dood. Jin en jang – lig en donker, goed en kwaad, lewe en dood, verhewe en platvloers – die een bestaan in terme van die ander, nie as teenoorgesteldes en teenstrydighede nie.”