Musiekindaba: ’n fees vir musiekliefhebbers, ’n móét vir rolspelers in die bedryf

“Of jy ’n amateurkunstenaar is wat met ’n blikkitaar jou voete probeer vind, en of jy tuis is op die troon van sukses, Musiekindaba is ’n noodsaaklike geleentheid vir mense in die Afrikaanse musiekwêreld om hul vaardighede en loopbane op te skerp en om te netwerk.” – Melt Myburgh bekyk die eerste Musiekindaba-program, van 30 November tot 3 Desember 2022 op Stellenbosch.