Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran: ’n teaterresensie

Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran is oorspronklik ’n Franse roman getiteld Monsieur Ibrahim et les fleurs du Coran deur Eric-Emmanuel Schmitt, na Afrikaans vertaal deur Naòmi Morgan. Die teks is ook deur haar vir die verhoog verwerk. Hierdie eenmanvertoning vertel die ontroerende verhaal van Moses, ’n dertienjarige Joodse seun wat op die Reu Bleue in die Joodse buurt in Montmartre, Parys, woon.”