#MissieErfenis2030

“Die waarheid is dat ons Erfenisdag as Braaidag gedoop het en dit dalk so begin aanvaar het. Daar is wel niks fout met ’n stukkie braai nie, en dit is beslis wat ons as Suid-Afrikaners saam bind, maar dit kan soveel meer as dit wees. Dis ’n uitnodiging om nie net ons eie kultuurerfenis te vier nie, maar ook werklik van mekaar te leer.”