Metafore vir bepaalde psigologiese verskynsels

“Die individuele menslike ervaring is nooit simplisties nie,” skryf Coert Mommsen, afgetrede kliniese sielkundige. In hierdie artikel skryf hy oor die gebruik van metafore wat van besondere belang in die sielkundige onderhoud is. Sielkundiges, asook lesers wat belangstel in die sielkunde en hul persoonlike welstand, mag hierdie essay se invalshoek interessant vind.