Meneer Vraagom skryf weer

“’n Leeftyd se koerante het onder in sy verbeelding ’n laag leesstof gevorm, en nou blaas die aktualiteit dit aan tot vorme en lewe: ’n Wolk vlermuise klits die lug bo ’n skryftafel waar ’n skrywer ook maar blindelings die werklikheid met sy eie radar op papier probeer aftas.”