"Meestal bou ek ’n karakter met pen op papier" – Irna van Zyl gesels oor Bloedsteen

“Ek weet nie of mense dit genoeg beklemtoon nie, maar ek sou nou, ná drie boeke, dit waag om te sê dis die storie, die interessante karakters, die opbou van spanning en die werk daaraan om verrassings in die plotlyne te skep wat krimiverhale uitdagend en opwindend maak.”