Meer as net ’n spieël: ’n refleksie oor drie dramas

Die gebed van ’n halfmens, Joshlin: meer as ’n naam en Laaitie mettie biscuits is elkeen ’n aanklag op ons gesamentlike gewete as ’n nasie. Want teater bestaan nie alleenlik vir ontvlugting en plesier nie, en glo my dit lê ook in die kepe en plooie van hierdie stories. Teater is meer as net ’n spieël. Dit is ’n reminder daaraan om te voel, die absolute noodsaak aan meegevoel, meelewing en medemenslikheid.”