Méér as feestale: denkarbeid in ons moedertale

“Die troos wat gegee word dat Afrikaans gedy omdat daar feeste gereël word en letterkunde bestaan, is nie goed genoeg nie, en getuig voorts van ’n verkleutering van moedertale as bron van nostalgie en vermaak, verbruikersitems, en as naelstring wat geknip word sodra die vakansie verby is en die universiteit weer voortgaan met Engels, die taal van die kop (capitas), die taal van die kapitaal.”