"Maar wat ek nou vir jou sê kan ek nie in die openbaar sê nie": Notas oor die groeiende metafisiese oorlog van ons tyd

“Vir hierdie asketiese mistici word die hardste oordeel vir die self gespaar, word eerder geswyg as gepraat, en word ’n nuwe gemeenskap moontlik – radikaal inklusief vir álmal wat bereid is om die self af te lê en hulle aan hierdie biddende dissipline te onderwerp, en terselfdertyd radikaal ontoeganklik vir diegene wat eerder met die self besig wil wees.”