Lus vir ’n aandjie uit? Bespreek nou jou Suidoosterfees-inryteaterkaartjie

Die Suidoosterfees en Atlantic Studios laat die klassieke inryteater herleef. Van 4 tot 15 November 2020 word feesproduksies in ’n splinternuwe baadjie geklee, en kan groter gehore vanuit die gemak en veiligheid van hul motors na feesaanbiedings op die silwerskerm kyk.