Lost in translation

“Die man, met ’n kaalkop soos ’n biljartbal, maak ’n groot fout: Hy dink Google Translate kan romanse red. Sy selfoon lê op die tafel. Die skerm vol vetvlekke van sy vingers. Met die konsentrasie van iemand wat ’n bom probeer ontlont, begin hy tik.”