Lokval: ’n onderhoud met Bettina Wyngaard

“Ek word altyd herinner aan een dag in die hof. Ek was besig om ’n vroulike getuie te kruisondervra oor my kliënt se wandade. Hy sou tronk toe gaan as hy skuldig bevind word. Halfpad deur kry die getuie ’n epileptiese aanval, net daar in die getuiebank. My kliënt het, sonder om te aarsel, oor die beskuldigdebank gespring en haar gaan help tot die ambulans opgedaag het. Ons is so vinnig om te dink boewe is net sleg en die goeie ouens is net goed.”