Lockdown, die polisie en weermag en kragdadigheid

“Die polisie en weermag tree op asof ons in ’n noodtoestand is, waar die publiek in opstand kom teen die regering. Hulle het klaarblyklik moeite om te besef dat ’n ramptoestand ’n geleentheid is vir hulle om die publiek by te staan en te help.”